GEORGE NUUS - Twaalf leerders van Hoërskool Outeniqua het 16 atletiekrekords op tuisgrond gebreek. Die George-streekbyeenkoms verlede naweek het altesaam 19 nuwe rekords gelewer.
Die ander drie rekords is gebreek deur York High, Hoërskool George en Glenwood House.
Hierdie Kwaggas het rekords laat spat:
Leané Koen – (spiesgooi dogters o. 14) - 37,70 m
Leané Koen – (diskus dogters o. 14) - 34,33 m
Karlien Oelofse – (hamergooi dogters o. 14) - 36,01 m
Tatyana Viljoen – (paalspring dogters o. 15) - 3,30 m
Nicole Barnard – (spiesgooi dogters o. 19) - 47,91 m (Die vorige rekord het vir 29 jaar gestaan)
Mieke Janse van Rensburg – (800 m dogters o. 19) - 2:24min
James Hewitt – (driesprong seuns o. 14) - 11,22 m
Jayden Fourie – (100 m seuns o. 17) - 10.44sek
Jayden Fourie – (verspring seuns o. 17) - 6,76 m
Jac du Plessis – (800 m seuns o. 17) - 2:00min
Jac du Plessis – (1 500 m seuns o. 17) - 4:14.16sek
Marco Lesch – (110 m hekkies seuns o. 17) - 14.40sek
Walter van Rensburg – (gewigstoot seuns o. 17) - 19.34 m
Walter van Rensburg – (diskus seuns o. 17) - 53.05 m
Zian du Plessis – (gewigstoot seuns o. 19) - 16.6 m
Thinus Erasmus – (1 500 m seuns o. 19) - 4:11.34sek
Nog drie rekords
Glenwood House: Lex Nortjie – (hoogspring seuns o. 14) - 1,74 m
Hoërskool George: Keanu Arendse – (3 000 m seuns o. 14) - 10.39sek
York High: Rainart Behrens – (5 000 m seuns o. 19) - 16.17sek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’