Die tweekamp-byeenkoms vind die Saterdag (opening 07:30, hardloop 08:00 en die swem direk daarna) by die De Jager-sportkompleks en NA Smit-swembad plaas en die Biathlo die Sondag (07:30) by die NA Smit-swembad. Toegang by al die items is gratis.
Vanjaar se aanbieders is die SWD in samewerking met die WP. Van Suid-Afrika se toptweekampatlete het ingeskryf en die provinsies gebruik hierdie geleentheid om aan hulle spanne vir die SA Kampioenskappe, wat vanjaar op 2 April in Port Elizabeth plaasvind, te skaaf. Highgate Volstruis-vertoonplaas het weer spesiale aansporingspryse aangekondig vir elke SA rekord wat verbeter word.
Verlede jaar het 450 atlete van 8 provinsies (WP, OP, Boland, SWD, Grens, VS, NWK en Griekwas) deelgeneem en almal het reeds aangedui dat hulle weer hier gaan wees. Die Sondag het ook 93 atlete aan die biathlo-byeenkoms deelgeneem.
Die spankompetisie is verlede jaar deur Boland gewen gevolg deur OP in die tweede plek, SWD derde en WP vierde.
Vanjaar sal die Bolanders egter met ’n veel sterker poging moet kom om hul titel suksesvol te verdedig.
Elke provinsiale span word ook toegelaat om ‘n ontwikkelings- en/of B-span in te skryf. Dit maak die byeenkoms een van die min waar die ontwikkelingsatleet ook tot sy reg kom.
Vir navrae, skakel Dave van der Walt by 082 773 4901.
_jpg (Small).jpg)
Die mans vra of betoon geen genade in die pylvak nie.
_jpg (Small).jpg)
Drie van SWD se aanvallige atlete in verlede jaar se byeenkoms.