GEORGE NUUS - George se strate het Saterdagoggend, 9 Augustus, geborrel van energie, 'n gelag en helder geel uitrustings toe hardlopers en stappers van heinde en ver opgedaag het vir die eerste Brew to Brew 12 km-wedloop.
Die wedloop, aangebied deur Nedbank-atletiekklub, het om 08:00 by Elvis Brew in Yorkstraat afgeskop en geëindig by die Elvis Brew-padstal naby die lughawe.
Deelnemers het 'n 12 km-roete voltooi met waterstasies elke 3,5 km. Met die tema, 'Run for the Brew, Dress for the Win' het lopers en stappers in helder geel en kreatiewe uitrustings deelgeneem.
Lloyd Bosman (Nedbank) het die mansafdeling gewen in 'n tyd van 33:53, gevolg deur klubmaats Selwyn Matthews in 36:10 en Francois Maquassa in 37:30.
In die vroue-afdeling het Cherise Carreira van Boxer AC eerste geëindig in 45:26. Junioratleet Minki Lotter van Meyerton AC was tweede in 46:05, met Nikki Walter van Knysna Marathonklub kort agter haar in 46:42.
Geel was beslis die kleur van keuse tydens die wedloop.
Atlete gereed vir die wedloop by die begin in Yorkstraat.
Van links is EJ Pieterse, Francois Maquassa, Selwyn Matthews, Lloyd Bosman, Luciano Squire en Shane van Wyk. Foto’s: Deidre Cloete ‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’