Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - George-streekatlete het verlede Saterdag geskitter by die ASWD-kampioenskappe op die De Jagers-sportkompleks in Oudtshoorn.
George het altesaam 61 goue, 50 silwer- en 42 bronsmedaljes ingeoes.
Die blits van Hoërskool Outeniqua, Theron Human, was die vinnigste seun by die byeenkoms.
Hy het die 100 m (seuns o.19) in en (10:69 vir 860 punte) en die 200 m (22:22 vir 790 punte) gewen.
Meike Strydom, ook van die Kwaggas, het die beste prestasie van die byeenkoms behaal.
Sy het die gewigstoot (dogters o.19) in 'n nuwe rekordafstand van 14,28 m vir 948 punte gewen.
Sy het ook die diskustitel met 'n nuwe rekordafstand van 42,12 m vir 906 punte ingepalm.
Die Kwagga Hanno du Plessis het die hamergooi vir seuns o.19 met 'n puik afstand van 61,70 m (vir 904 punte) gewen.
Cohen Gallant (York High) het ook 'n uitsonderlike prestasie behaal toe hy die 200 m (seuns o.17) in 'n nuwe rekordtyd van 21:35 (910 punte) afgeblits het.
Cohen het ook die 100 m in 11:05 (816 punte) gewen.
In die paalspring het die Kwaggas oorheers. Juan Terblanche het die seuns o.15 (3 m), Marnell Coertze seuns o.19 (3,8 m) en Simonn Swanevelder dogters o.19 (3,10 m) rekords laat tuimel.
Lané Coertze, ook van Outeniqua, het in die dogters o.15 'n vierkuns behaal deur die spiesgooi (34,04 m vir 749 punte), 100 m (13:76 vir 673 punte), 90 m-hekkies (14:43 vir 828 punte) en 200 m (27:81 vir 717 punte) titels te buit.
Die belowende Ludwe Matikince van Thembalethu Hoër (seuns o.15) het 'n driekuns behaal deur die 800 m (2:05.10 vir 628 punte), 400 m (54:01 vir 698 punte) en 1500 m (5:17.42 vir 502 punte) te wen.
Simonn Swanevelder het in die paalspring vir dogters o.19 die rekord na 3,10 m verbeter.
Philip Kleynhans van Hoër Landbouskool Oakdale het ook uitsonderlike prestasies behaal vir seuns o.15 toe hy sy eie rekord in gewigstoot (16,96 m), wat hy in 2017 opgestel het, verbeter het na 17,41 m (916 punte).
Hy het ook die diskustitel gebuit met 'n afstand van 56,30 m (900 punte).
Philip het die beste prestasie vir 'n seunsatleet behaal.
Kyk 'n video hieronder:
Die volgende atlete het ook eerste plekke behaal:
Dogters o.14:
Riancke Slump, hamergooi (40,47 m vir 882 punte); gewigstoot (11,37 m vir 880 punte.
Mila Barnard, diskus (30,61 m vir 815 punte). Zia Claasen, hoogspring (1,45 m vir 539 punte), almal Kwaggas.
Seuns o.14:
Keith Syster, 100 m (12:24 vir 667 punte) en 200 m (24:94 vir 667 punte). Emile Goedhals, diskus (41,95 m vir 651 punte) almal van OHS. Raymondo Harris, 800 m (2:15.46 vir 485 punte) en Henry Isaac, 1500 m (4:21.40 vir 775 punte), beide van Hoërskool George.
Dogters o.15: Deonell Grobler, 300 m-hekkies (48:89 vir 806 punte en 400 m (1:03.73 vir 728 punte).
Neline Naude, gewigstoot (11,53 m vir 871 punte). Lize-Ann Minnie, paalspring (2,30 m) almal van OHS.
Emily Hand, hoogspring (1,40 m vir 448 punte), Danica Botha, verspring (4,66 m vir 497 punte), beide van York High.
Abigail Nelson, 800 m (2:29.47 vir 676 punte) en 1500 m (5:17.42 vir 621 punte). Jeandre Ann Human, 1500 m-hindernis (6:10.34), beide van Hoërskool George.
Micaela Chevalier (NMU) was eerste oor die wenstreep in die 400 m vir dogters o.19.
Seuns o.15:
Russel Tenteni, 100 m (12:07 vir 676 punte). Dillan Smuts, spiesgooi (51,73 m vir 455 punte, albei OHS.
Renier Jansen, 1500 m-hindernis (4:58.12 vir 810 punte). Reme Jansen, 2000 m-hindernis (4:57.70 vir 1300 punte) beide van Hoërskool George. Zaywan September (Grootbrak Sekondêr) 3000 m, (9:45.84 vir 767 punte).
Dogters o.17: Nolene van Rensburg, 5000 m-stap (27:15.90 vir 909 punte) en 400 m (1:01.87 vir 746 punte). Stephanie Petro, 3000 m (10:42.62 vir 815 punte).
Ellen Kleinsmidt, 100 m (12:74 vir 765 punte).
Mire Reinstorf, 100 m-hekkies (15:24 vir 819 punte) en paalspring (3,20 m). Luné van der Westhuizen, 200 m (26:90 vir 742 punte), almal OHS.
Michaela Kirsten, 400 m-hekkies (1:08.99 vir 779 punte). Carla du Plessis, hoogspring (1,60 m vir 673 punte), beide van Glenwood.
Seuns o.17: Ryan Laruffa 400 m (56:62 vir 710 punte) en 110 m-hekkies (16:24 vir 719 punte), Gustav Schlegter, 800 m (2:05.10 vir 581 punte). Stefan van Wyk, 400 m (51:15 vir 756 punte). Jayden Crause, paalspring (3,10 m). Almal van OHS.
Dogters o.19: Lara Schlechter, 800 m (2:25.17 vir 765 punte. Simonn Swanevelder, hoogspring 1,50 m vir 482 punte), beide van OHS.
Britney-Ann Meyer (York High) 3000 m (11:21.66 vir 765 punte).
Seuns o.19: Zander Labuschagne, driesprong (13,65 m vir 610 punte). Daniël Snyman, hoogspring (1,90 m vir 648 punte). Beide van OHS.
Antonio Farmer (York), 10 km-stap (50:10.10 vir 878 punte).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'