GEORGE NUUS - Eden se hoërskoolatlete het die afgelope naweek talle rekords laat spat by die Wes-Kaapse hoërskole-atletiekkampioenskappe in die Paarl.
Die Kwagga Hanno du Plessis het die hamergooititel vir seuns o.19 met 'n nuwe rekordafstand van 61,89 m gewen.
Nog 'n Kwagga, Meike Strydom, het die gewigstoot vir dogters o.19 in 'n rekordafstand van 15,54 m gewen. Sy het ook die diskustitel gebuit met 'n afstand van 42,97 m.
Philip Kleynhans, van Hoër Landbouskool Oakdale, het die gewigstoot vir seuns o.15 met 'n rekordafstand van 18,87 m ingepalm.
Cohen Gallant
Die blits van Hoërskool York, Cohen Gallant, het 'n uitsonderlike prestasie behaal toe hy aangewys is as die beste baanatleet van die byeenkoms.
Gallant het die 100 m vir seuns o.17 in 'n blitstyd van 10:72 afgelê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'