ATLETIEKNUUS - Dubbelkampatlete het op Sondag 2 April aan die eerste byeenkoms van die seisoen by Fairy Knowe in Wilderness deelgeneem.
Dubbelkamp (duathlon) is die winterbeen van driekamp, waartydens die swem met hardloop vervang word.
Die wedloop begin met hardloop, waarna die atlete op hul fietse klim en eindig met 'n hardloopitem. Elke afdeling het sy eie afstande.
Die volgende byeenkoms vind op Sondag 23 April plaas.
Podiumuitslae
Super naelren (super sprint):
(2,5 km-hardloop, 10 km-fietsry, 1,2 km-hardloop):
Mans/seuns:
- Noah Habib
- Tihan Labuschagne
- Chris Koch
Vroue/dogters:
- Annabelle McEwan
- Minay Botha
- Ebenette van Niekerk
Naelren (sprint)
(5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
Mans:
- Christian Hattingh
- Lian Otto
- Gerard le Roux
Vroue:
- Melissa Van Rensburg
- Chane Gricius
- Teresa Bester
Die naelrenatlete gee vir die super-naelren se junior atlete 'n kansie om verby te kom voordat hulle hul eie wegspring begin. Foto: Deidre Cloete
Junior dubbelkampatlete sit voet in die hoek tydens die wegspring van die super naelrenitem. Foto: Deidre Cloete
Chris Koch tydens sy heel eerste dubbelkamp. Foto: Deidre Cloete
Tihan Labuschagne het ook sy eerste dubbelkamp met sy padfiets aangedurf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’