GEORGE NUUS - Die Eden-dubbelkampkampioenskappe (duathlon) het Sondag 9 Junie in 'n baie koue Groot-Brakrivier plaasgevind.
Dubbelkamp is die winterbeen van drie-kamp, waartydens die swem met hardloop vervang word.
Die wedloop begin dan met hardloop waarna die atlete op hul fietse klim en eindig met 'n finale hardloop.
Elke afdeling het sy eie afstande.
Die Eden-span wat die streek by die SA dubbelkampkampioenskappe by die Midmar Dam in KwaZulu-Natal op 7 Julie gaan verteenwoordig, word eersdaags bekendgemaak.
Die podiumuitslae was as volg:
Super naelren
(2,5km-hardloop, 10 km-fietsry, 1.2 km-hardloop):
Mans/seuns:
1. Johannes Brink 0:33:38
2. Cameron McEwan 0:35:24
3. Noah Habib 0:37:33
Vroue/dogters:
1. Annabelle McEwan 0:34:01
2. Duné Haasbroek 0:35:24
Naelren
(5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
Mans:
1. Cuan Wildeman 1:03:09
2. Jethro van Heerden 1:11:26
3. Martin van Vuuren 1:11:41
Vroue:
1. Marilie Duvenage 1:11:26
2. Zani Smith 1:17:46
3. René van den Berg 1:24:29
Standaardafstand
(10 km-hardloop, 40 km-fietsry en 5 km-hardloop):
Mans:
1. Ryan Frey 2:04:12
2. Eugene Botha 2:17:40
Cuan Wildeman (middel), Jethro van Heerden in tweede plek en Martin van Vuuren.
Annabelle McEwan in eerste plek en Duné Haasbroek.‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’