Bosman het Saterdag 5 Julie in 'n tyd van 32:07 oor die wenstreep gehardloop, met sy spanmaat Elfonzo Pieterse kort op sy hakke in 'n tyd van 32:36.
Julies Korkee (32:59) en Godwin Heynes (35:15), beide van Mosselbaai Harriers was onderskeidelik derde en vierde. Die vroue-afdeling is gewen deur Marrida Leen (38:39) van Mosselbaai Harriers. As vroue wenner was sy ook die eerste junior vrou oor die wenstreep.
Elrich van Wyk (56:24) het die stap-afdeling gewen.
Ouderdomsgroep 40-49
1ste mans: Fana Principal (35:23)
1ste vroue: Ad Cole (55:44)
Ouderdomsgroep 50-59
1ste man: Cornelius Bewee (38:54)
1ste vrou: Tina van Wyk: (49:34)
Ouderdomsgroep 60 en ouer
1ste man: André Niemand (46:48)
Altesame 101 atlete het die 10 km-padwedloop klaargemaak. Die 2 km en 5 km-pretdrawwe het ook vir groot opwinding gesorg, met oud en jonk, familielede en vriende wat saam hierdie korter afstande aangedurf het.
Die wedloop en pretdrawwe is gereël deur Rainbow-atletiekklub.
SIEN FOTOGALERY

Linda en Gary Haynes het die 5 km-pretdraf klaargemaak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'