ATLETIEKNUUS - Hoërskool Outeniqua spog met drie uitstekende atlete wat opgeneem is in die voorlopige nasionale span wat van 16 tot 20 Julie in Abeokuta, Nigerië aan die Afrika Juniorspele gaan deelneem.
Nicole Barnard bereik 'n persoonlike beste afstand in die spiesgooi by die ASA senior kampioenskappe met 'n afstand van 51,8 m.
Sy stap weg as kampioen van die seniorafdeling, maar ook as kampioen van ASA junior en ASA skolebyeenkomste.
Sy is dus die kampioen van drie nasionale byeenkomste.
Jayden Fourie (verspring) en Walter van Rensburg (gewigstoot) het met hulle prestasies in hul onderskeie dissiplines ook gekwalifiseer vir die nasionale span.
Walter van Rensburg
Jayden Fourie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’