GEORGE NUUS - Drie jong stoeiers van Laerskool George-Suid het die Mosselbaai-stoeiklub en die Boland-stoeistreek onlangs by die Groot 5 Ope in Pretoria verteenwoordig en met goeie uitslae huis toe gekom.
Joshua Bezuidenhout , ’n gr. 4-leerder, het ’n goue medalje in die o. 10-afdeling verower.
Gr. 2-leerder Danie Dreyer het ’n bronsmedalje in die o. 8-afdeling ingepalm, terwyl Gustav Dreyer (gr. 4) vierde in die o. 10-afdeling geëindig het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’