GEORGE NUUS - Laerskool George-Suid se Oranjebal- en eerste tennisspanne het op Vrydag 21 Augustus met trots aan die Rising Stars-tennistoernooi deelgeneem en goeie uitslae behaal.
Albei Oranjebal-spanne het tweede geëindig, terwyl die eerste seunsspan tot die halfeindronde deurgedring het en vierde geëindig het.
Die eerste meisiespan het egter die beste van die dag gevaar deur die toernooi te wen en as die Rising Stars-wenners van die Eden-distrik gekroon te word.
Die skool het sy waardering teenoor Tennis South Africa (TSA) uitgespreek vir die uitstekende reëlings en die geleentheid wat aan die jong spelers gebied is om hul talent te wys.
Die eerste seunsspan saam met Laerskool Blanco se seuns is in wit, is van links: Zian Beukes, Hendré Steenberg, Eben de Bruin en Krige Krantz.
Die Oranjebal-seunsspan is van links: Jeandré van Zyl, Judah Botha, Christiaan Lamprecht en Ruan Kritzinger.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’