GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se skaakspanne het op 1 Augustus aan die Eden Topskole-skaaktoernooi in Albertinia deelgeneem, met drie van die skool se vier spanne wat vir die Wes-Kaapse Topskole-toernooi gekwalifiseer het.
Die o. 15 A-span en o. 17 A-span het albei die eerste plek in hul onderskeie afdelings behaal. Die o. 15 B-span het tweede geëindig, terwyl die o. 17 B-span die derde plek behaal het.
Die drie kwalifiserende spanne sal die Wes-Kaap by die Wes-Kaapse Topskole-toernooi verteenwoordig, wat aan die einde van Augustus in die Kaapse Metropool aangebied word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’