GEORGE NUUS - Laerskool Blanco se Oranjebal-seunsspan en senior seunsspan het verlede week aan die Rising Stars-tennistoernooi by die Great Akademie se bane deelgeneem en met uitstekende prestasies vorendag gekom. Die Oranjebal-seunsspan het as die wenners van die Rising Stars Oranjebal-toernooi uit die stryd getree.
Die seniorspan was een van agt spanne wat aan die toernooi deelgeneem het. Die vier Blanco-seuns het met sterk spel en uitstekende karakter en sportmanskap die algehele toernooi gewen.
Die span het daarmee ’n plek in die Provinsiale uitspeelrondes verdien, wat op 23 September in Moorreesburg plaasvind.
Die seniorspan is van links: MW Robertson, Barry Robertson, Saretha Ferreira, Janco Robertson en Wihandré Nel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’