SKOLE NUUS - Hoërskool Outeniqua se matriekklas van 1971 het op 8 en 9 Mei hul 55-jaar-reünie by die King George Protea Hotel gehou.
Die naweek het afgeskop met ’n heerlike ‘ontmoet en groet’ op Vrydagaand, waar ou herinneringe en hartlike samesyn gedeel is.
Saterdagoggend is die verrigtinge met ’n geestelike boodskap deur die emerituspredikant en oud-Kwagga, dr. Koos van der Vyver, geopen.
Gaste het daarna ’n heerlike warm buffetete geniet en tot laat gesellig saam verkeer.
Dit was ’n hegte groepie van 10 oud Kwaggas, wat van drie gades vergesel is. Die hoofseun, Raymond (‘Kat’) van Rensburg, hoofdogter, Ottilie (Serfontein) de Kock, en onderhoofseun, Koos van der Vyver, was ook onder die gaste.
Dit was ’n spesiale naweek waar ou herinneringe weer saam herleef is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’