GEORGE NUUS - Dertien leerders van Hoërskool Outeniqua het vanjaar aan die Suider-Afrika Nasionale Geografie-olimpiade vir seniors (grade 10 tot 12) deelgeneem en verskeie uitsonderlike prestasies op nasionale vlak behaal.
Drie Kwaggas, Reé Fourie (gr. 11), Darius Schultz (gr. 11) en Elijah Schoeman (gr. 12), het deurgedring na die tweede ronde van die kompetisie, waar hulle meegeding het om die topposisies in Suid-Afrika.
Reé het 'n besonders presteer deur algeheel derde in die land te eindig. Sy is ook aangewys as die toppresteerder in die Wes-Kaap en die beste gr. 11-leerder in die kompetisie.
Darius het algeheel vierde geëindig en is boonop as die top- manlike deelnemer aangewys. Elijah het 'n verdienstelike 15de plek in die land behaal.
Darius Schultz Foto: Verskaf
Die skool het ook as instelling uitstekend gevaar en tweede onder die kwintiel 4- en 5-skole in Suid-Afrika beland, asook tweede algeheel onder die deelnemende staatskole.
Benewens die top drie presteerders het nog Outeniqua-leerders uitstekende uitslae behaal. Emily Marks, Jacin Louw en Waldo Labuschagne is onder die top 5% van alle deelnemers gereken, terwyl Jade Muller onder die top 10% geëindig het.
Elijah Schoeman Foto: Verskaf
Die volgende leerders het ook aan die olimpiade deelgeneem: Damiann Esterhuyse, Devilliers Lamprecht, Donovan Coertze, Keevan Lindoor, Michael Meintjies en Rubin Barnard.
- Saamgestel deur Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’