GEORGE NUUS - Skoolhoofde van Kring 8 was verlede Dinsdag, 18 Augustus, by die Kretzenshoop Primêr byeen vir hul kwartaallikse hoofdevergadering. Dit gebeur elke kwartaal by ’n ander skool en vind plaas onder leiding van die kringbestuurder, Gerhard Ackermann. Die leerders van Kretzenshoop het hulle met ’n dril- en dansvertoning verwelkom.
Die vergadering het onder meer gefokus op skoolleierskap, skoolkultuur, personeelbestuur en gehalteversekering. Die uitdagings waarmee skoolhoofde, veral waarnemende en nuutaangestelde hoofde, te kampe het, is bespreek, asook die belang van goeie verhoudings tussen personeel.
Die bevordering van leerderprestasie was ’n belangrike fokus, met spesifieke klem daarop dat deelname aan wiskunde bevorder moet word. Ondersteuning aan leerders, die grondslagfase-kurrikulum en skoolgebaseerde ondersteuningspanne is ook bespreek.
Verder is personeelopleiding, QMS, SGB- en SMT-opleiding, vakatures, aanstellings en waarnemende poste bespreek. Skoolhoofbesoeke en ander ondersteuningsbesoeke aan skole sal vanaf September plaasvind.
Die drilpeloton in aksie.
’n Dansvertoning vir die skoolhoofde.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’