GEORGE NUUS - Kwaggas spog vanjaar met 'n 99,7% matriekslaagsyfer uit die 290 leerders wat die eindeksamen voltooi het.
Hoërskool Outeniqua se skoolhoof, Christo Vorster, wou niemand uitsonder nie en het elkeen vir hulle harde werk bedank.
'n Totaal van 92,8% van hul leerders kwalifiseer vir graadstudies teenoor verlede jaar se 91,2% en 6,9% kwalifiseer vir diplomastudies.
Die klas van 2024 het 'n gemiddeld van 67,7% behaal en verskeie leerders het met onderskeidings presteer.
"Ons is trots op die talle leerders wat akademiese uitnemendheid bereik het," het Vorster gesê.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’