Vierjarige Juwanette van Staden, oftenwel Pokkels, is op 11 September dood verklaar by die Joburg General Hospitaal nadat ‘n staal hek op haar geval het.
“Ek weet Blikkies [Burgershoop] is ‘n sirkus, ek wil net hê die sirkus moet nou end kry en my kind uitlos dat sy in vrede kan rus,” het Pokkels se ma, Belinda van Staden, gesê.
Belinda het aan die News verduidelik dat sy by die huis was daardie Vrydagmiddag toe Pokkels se pa in sy werksvoertuig oorkant die pad stilgehou het.