Tarryn Parker, stigter van die dierereddingsorganisasie Catz R Us, sê ’n onderwyseres aan die Laerskool Silverton het die katjie verlede week na die organisasie gebring nadat twee meisies die diertjie glo as ’n “sokkerbal” gebruik het.
Nadine van Niekerk het gesê sy het die oggend van die voorval kinders op die speelterrein hoor skree en eers gedink hulle ba-
klei.
Toe sy ondersoek instel, het die groep kinders uitmekaargespat en haar vertel van die twee meisies wat die kat rondgeskop het.
Sy het die katjie toe na Catz R Us geneem.