JONGENSFONTEIN NUUSFLITS - ‘n Bejaarde vrou is na bewering gisteraand op die kusdorpie van Jongensfontein (naby Stilbaai) vermoor.
Nog 'n vrou is ernstig beseer.
Die oorledene se motor is blykbaar deur die verdagte geneem. Dit is ‘n ou model (vermoedelik van die jare 90’s) turkoois Toyota Corolla met registrasienommer CCC 5813.
Enigeen wat die motor gewaar, word gevra om die Stilbaai-polisie by 028 754 6100 te skakel.
Volgens inligting is die forensiese personeel, asook polisie op die toneel.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'