MOSSELBAAI NUUS - Dooie voëls wat die afgelope naweek op die walle van die Hartenbosrivier opgemerk is, is danksy die vrywilligers van die nie-regeringsorganisasie, Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T) verwyder.
Die sterftes is waarskynlik die gevolg van voëlgriep wat ook seevoëls in die area aantas.
S.M.A.R.T en personeel van die Sentrum vir rehabilitasie van seevoëls en Pikkewyne (Saprec) verwyder reeds sedert November siek en dooie voëls van die strande in die omgewing nadat voëlgriep ook onder seevoëls uitgebreek het.
Tersia Marais van S.M.A.R.T sê die staatsveearts in George vra dat die voëls begrawe moet word.
"Ons het egter besluit dit mag dan steeds 'n gevaar vir ander voëls en strandgebruikers meebring. Daarom is besluit om die voëls te laat verbrand."
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'