Volgens vroeëre berigte sou uitstaande skuld aan `n kontrakteur nagenoeg R3 miljoen beloop.
Intussen is wyd verklaar dat die Grotte, `n wêreldbekende toeriste-attraksie, nie gesluit sal word nie.
In reaksie is `n verklaring die week deur die munisipaliteit uitgereik waarin aangedui word dat `n opgraderingsprojek vir die Grotte sowat R4 miljoen beloop. Werk ter waarde van R3.5 miljoen hiervan is voltooi, waarvan `n bedrag van R3 miljoen reeds oorbetaal is.
Betalings van R350 000 is uitstaande vir die huidige boekjaar en sowat R500 000 sal in die nuwe boekjaar betaal word.
Die juistheid van hierdie syfers kon nie bevestig word nie.