Die rede vir Gerstner, wat die grotte die afgelope 23 jaar bestuur het, se bedanking is op hierdie stadium nog nie duidelik nie. Hy was Sondagaand een van die persone wat op Carte Blanch verskyn het en onder andere bankstate gewys het wat aantoon dat miljoene rande verlede jaar deur die munisipaliteit uit die grotte se rekening onttrek is.