“Ek en my oorlede man het saam amper 36 jaar hier gebly. Daar was al inbrake hier gewees, maar ons het hulle nog nooit betrap nie,” het Dalene van die inbraak wat op 12 Julie ongeveer 8nm gebeur het, vertel.
Dalene het by haar agterdeur ingegaan, die hek en traliedeur oopgesluit, en toe ‘n beweging deur die venster opgemerk. Sy besef toe daar is inbrekers in haar huis.
“Ek het net daar stilgehou, toe die deur weer toegemaak, omgedraai en na my kar geloop.”
Dalene het stilletjies die kar by haar erf uitgery en na die polisiestasie gery.