MOTOR NUUS - Die afgelope naweek het sowat sestig V8 motors, George besoek as deel van die jaarlikse Thunder Tour.
Die 2018 toer was die negende en het oudergewoonte by die Cars in the Park in Pretoria vertrek.
Saterdag was die laaste dag van die toer en is 'n motorskou gehou net pryse wat by 'n gala-aand toegeken is. Die formaat van die toer is gebaseer op die Amerikaanse Power Tour.
In SA begin die toer elke jaar op diesefde plek, maar beweeg in `n ander rigting in. Die plaaslike toer laat Supermotors, soos Ferrari's, McLarens en Lamborghini`s toe, solank daar `n V8 onder daai enjinkap is.
Vanjaar se eindbestemming was George. Sowat 60 monsters het Outeniquapas afgestorm.
By elke uitkykpunt in die pas, was die parkeerplekke letterlik donker van V8-monsterkarre. Om 15:00 het George se verkeersbeamptes die konvooi deur die dorp begelei na die Garden Route Mall. Hulle het tydens die paar dae verskeie privaat motorversamelings besoek voordat al die karre gewas en gepolitoer is vir die skou by die Garden Route Mall.
Dié Chev Lumina LDV het aan al die vorige toere deelgeneem. Foto's: Francois Germishuys
One of the stars of the show was this 1994 Mustang C 5,0 GT driven by a V8 engine. It has American racing wheels and is Candy Apple Red, a colour specially produced for the Canadian market. The beauty belongs to Charl Verster of Kimberley. Photo: Anica Krüger
Die Chev Biscayne was `n groot trekpleister op vanjaar se toer.
Een van George se groot V8-kenners Craig Anderson, het nie minder as vyf V8 monster uitgestal . Sy twee Chev Camaro`s was 'n groot trekpleister. Anderson se rooi Pontiac FireHawk is `n 1993-model met `n 383 stroker enjin.
Die enjin is toegerus met NOS-gas en ontwikkel 400kW en 800Nm wringkrag.
Die organiseerders en Landy World sê dankie aan George se verkeersafdeling vir hul bystand en hulp.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'