Gallery
ALBERTINIA MOTORNUUS - Klassieke motors, volkspele, rieldanse en selfs velle brei was alles deel van Albertinia-museum se kultuurdag.
Ou trekkers en motors wat uit 1927 dateer was onlangs by Hoërskool Albertinia se sportterrein te sien. Maurice Leonard het sy 1970 Ford Fairmont van net 'n raamwerk af opgebou.
Die 1948 Chevrolet Thriftmaster het baie aandag getrek, kompleet met houtbakwerk.
'n Ander gunsteling was die 1927 Chevrolet Roadster. Een van dié karretjie se gewildste kenmerke is die sitplekke agter die motor.
Dit lyk soos 'n kattebak, maar wanneer dit oopmaak is daar sitplek vir twee. Meeste uitstallers was van die Hessequa-streek.
Tereska Janse van Rensburg was met die 2014 Olsnir Lacost beïndruk. Francois Prinsloo van Stilbaai het dit opgebou. Foto's: San-Marié Cronjé
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'