GEORGE NUUS - Die liggaam van 'n jong vrou is vanoggend omstreeks 02:30 langs die treinspoor agter Buco in Nelson Mandela Boulevard gevind.
Volgens Suid-Kaap polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, was die vrou se hande agter haar rug vasgebind.
"George-polisie het 'n moorddossier geopen na die vrou se lyk gevind is. Die moontlikheid dat sy verkrag en toe verwurg is word ondersoek," het hy gesê.
Enigiemand met inligting rondom die voorval word gevra om hul naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111, te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'