GEORGE NUUS - Die NG Kerk Blanco se jaarlikse Vleismark op Saterdag 2 Augustus by die 4 Brothers Aartappelstoor was ’n reusesukses.
Die organiseerders het gemeentelede en die inwoners van George bedank wat gesorg het dat alles reeds voor 12:00 uitverkoop het.
Mense stroom elke jaar na die mark vir die hoë gehalte vleis wat aangebied word teen uitstekende pryse. Fondse wat ingesamel word stel die gemeente in staat om ’n verskil in die gemeenskap te maak.
Die saal was gepak.
Francois en Karina Mulder by die punt waar kopers hulle rynommer kon kry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’