GEORGE NUUS - Die VLV Blanco-tak nooi die publiek uit na 'n spesiale kulturele aanbieding op Donderdag 10 Julie om die 100-jarige herdenking van Afrikaans as amptelike taal te vier.
Die geleentheid, wat ook fokus op volkspele as 'n waardevolle Afrikaanse kultuurvorm, vind om 14:30 by Tuiniqua-tehuis vir bejaardes in Kerkstraat, George plaas.
Karen Temmingh sal die multimedia-aanbieding doen met die titel, Credo: kort verhaal oor 'n volk, sy taal en sy kultuur'. Die geleentheid word gereël in samewerking met die VLV Blanco-tak, Eendrag Volkspelelaer en Tuiniqua.
Tradisionele verversings sal ná die tyd bedien word. Gaste word gevra om vooraf aan te dui of hulle dit gaan bywoon - belangrik vir sitplekreëlings en verversings.
Skoliere is ook welkom aangesien dit vakansie is.
Bydraes van tradisionele eetgoed soos melktert, koeksisters, tuisgebakte brood, biltong, frikkadelle of droëwors sal met dank aanvaar word.
Die Eendrag Volkspelelaer is deel van die program.
Karen Temmingh
Navrae en bywoning-bevestigings: WhatsApp 062 288 0965 voor of op 7 Julie.
Toegang is gratis, maar donasies word waardeer en sal tussen die organiseerders verdeel word.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’