GEORGE NUUS - Twee mense het vanag, kort na middernag (Saterdag 10 Oktober) in 'n motorongeluk in Beachweg, Pacaltsdorp gesterf.
Dit is deur kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, bevestig.
Twee voertuie, ‘n donkerkleurige Polo en 'n silwer Toyota Tazz was in die ongeluk betrokke. Dit is in die stadium nog nie duidelik presies wat gebeur het nie.
Pojie het gesê twee insittendes van die Tazz, ‘n man en ‘n vrou, het gesterf. ‘n Derde insittende, ‘n suster van die een van die oorledenes het die ongeluk oorleef. Sy is na die hospitaal geneem vir behandeling en is intussen ontslaan.
Daar was vier insittendes in die Polo – twee mans en twee vrouens. Die twee vroue en ‘n man (passasier) is beseer. Hulle is na ‘n hospitaal geneem en na behandeling ontslaan. Die bestuurder, ‘n 24-jarige man, is vroeg vanoggend deur die polisie aangekeer en is op die oomblik in aanhouding. Hy sal waarskynlik later in die hof verskyn.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Enigeiemand wat oor meer inligting oor die ongeluk beskik word versoek om die Pacaltsdorp polisiestasie te bel by 044 8019100.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'