Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Werkers van George Switchboards het vanoggend, Dinsdag 3 April, met 'n staking begin en is besig om op die sypaadjie voor hul werkplek in Hopestraat te betoog.
Volgens 'n organiseerder, Vernon Robertson, staak hulle tot Donderdag. Hulle is ontevrede oor hulle nie, soos in die verlede, in 2017 bonusse ontvang het nie.
Verder het hulle 'n loonverhoging van 5,3% ontvang en nie 7% soos deur die Metaal- en Ingenieursindustriebedingingsraad (MEIBC) vasgestel is nie.
"Ongeveer 40 werknemers is betrokke. Ons is oop vir onderhandeling, maar die werkgewer het nie enige aanduiding gegee dat hulle sal onderhandel nie."
Robertson het gesê dit is 'n onbetaalde, maar beskermde staking.
Die stakende werkers bou industriële distribusieborde wat onder meer ook na Namibië versprei word, het hy gesê.
Die bestuur van die onderneming wou nie kommentaar lewer nie.
Kyk 'n video hieronder.
Werkers besig om voor die perseel van George Switchboards te staak. Foto: Wessel van Heerden.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'