GEORGE NUUS - As jy nog na die Kersfeesliggies in Oewerstraat wil gaan kyk, moet jy jou litte roer.
Vanaand, Vrydag 2 Januarie, is dit die laaste keer vir hierdie feesseisoen wat dit nog sal brand.
Die liggies sal van 19:00 aangeskakel word en tot 23:00 brand. Môre sal inwoners dit begin afhaal en bêre tot Desember.
Dit het in die afgelope Desember weer duisende besoekers gelok wat vanjaar meer liggies as in vorige jare kon bewonder omdat Spruitstraat ook betrek is.
Die organiseerders nooi mense om vanaand nog 'n draai te kom ry, al is van die liggies al afgehaal.
Bydraes vir die People's Dispensary for Sick Animals (PDSA) om troeteldiere te help, is steeds welkom. Dit kan byvoorbeeld blikkieskos, komberse en speelgoed wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’