Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Wat oorspronklik beplan was as net 'n pretdag met sport, het ontwikkel in 'n volwaardige Erfenisdag met inheemse kulture wat ook hul erfenis deel.
Braam America van die Pacaltsdorp-sportraad sê hulle sal die dag 'n jaarlikse geleentheid wil maak. Hy sê die dag, en veral sport in hul gemeenskap, is voorheen erg afgeskeep, so hiermee wil hulle dit laat herleef.
Blanche Benjamin van die Pacaltsdorp Tradisionele en Kulturele Raad sê hulle het ingekoop by die dag om ook inheemse speletjies en die kultuur van die Khoisan-mense te wys.
Die oggend het ietwat laat begin as gevolg van die nat weer, maar oud en jonk het steeds opgedaag om Erfenisdag mee te maak.
Daar was dansgroepe, die Kingdom Kids Outreach, Pacaltsdorp-perdeklub, asook ander sport soos rugby en netbal.
Kyk 'n video hieronder:
Stamhoof Stan Lamini was ook daar.
Van die lede van die Pacaltsdorp Tradisionele en Kulturele Raad saam met jongelinge van die stam.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'