GEORGE NUUS - Hoe klink 'n dag op die gholfbaan vir jou? Hierdie keer is dit egter vir 'n goeie doel.
NG Moederkerk hou hul jaarlikse gholfdag op Donderdag 5 Maart by Kingswood-gholflandgoed, ten bate van behoeftige families in die gemeenskap.
Afslaantye begin om 11:30 met spelers op verskillende putjies. Die gholfdag word aangebied in 'n vierbal-formaat waarvan die beste twee tellings tel.
Deelnemers kan ook ’n bof vir R2 500 borg. Andersins kan pryse geborge word, of ’n vierbal-inskrywing, teen R3 000.
"Namens die gholfkomitee wil ons die gemeenskap uitnooi om deel te neem aan ons komende golfdag. Deur deel te neem of te borg, kan jy 'n groot verskil maak," sê Werner Kemp, bestuurder van die Raad van Trustees.
"Dit beloof om 'n dag van genot en kameraadskap te wees - alles vir ‘n goeie doel."
Om die administrasie te vergemaklik, word alle inskrywings en betalings voor of op Woensdag 25 Februarie versoek.
Navrae kan gerig word aan Neels Kleyn by 082 965 0879.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’