Gallery
GEORGE NUUS - Die sweet het konsertgangers Saterdag afgetap toe hulle hul plekke inneem vir 'n vertoning van Spaanse danse deur Marlise's School of Spanish Dance.
One Night in Spain is op 25 Januarie by die Markteater aangebied as fondsinsameling vir 'n groep van 15 dansers se toer na Spanje in September.
Dit was die eerste konsert vir die jaar in hierdie teater. Ekstra stoele is ingedra om plek te maak vir nog konsertgangers, want almal wou hierdie vroue in aksie sien.
GALERY: One night in Spain at Market Theatre
Die hoeveelheid mans in die gehoor het verbaas, wat dui op die gewildheid van hierdie dansvorm.
Die dansers woon in Wildernis, George, Reebok, Hartenbos en Mosselbaai. Dansskooleienaar Marlise Steenekamp is merkbaar opgewonde oor die vooruitsig om vanjaar in Spanje saam met haar groep te dans, en die Spanjaarde op die verhoog in lewende lywe te aanskou.
Die kleurvolle Spaanse rokke, opgewekte musiek en kastanjette het almal vir 'n wyle na Spanje weggevoer. Handwaaiers wat deur die gehoor ingespan is om die hitte te hanteer het 'n verdere Spaanse gevoel verleen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’