Update
GOURITSMOND NUUS - Die visserman wat steeds vermis is nadat hy Saterdag saam met ‘n vriend, Rikus Bester (47) by Gouritsmond gaan visvang het, is ‘n inwoner van George, Robert John Hemphill.
Hemphill en Bester was volgens Bester se vrou, Michelle veronderstel om slegs vir ongeveer twee ure vis te vang, maar het nie Saterdagaand teruggekeer huistoe nie.
Bester se liggaam is gister na ‘n uitgebreide soektog deur die NSRI op rotse naby die visserboot se wrak gevind.
Sy hartgebroke vrou het vanoggend met Mossel Bay Advertiser gesels en gesê sy is in 'n verskriklike toestand.
"Ons weet nie wat het gebeur nie. Hulle het nie huis toe gekom nie en ons kon hulle nie in die hande kry nie. Dit was definitief nie sy tyd nie. Hy is nog so jonk en het twee klein kinders. Ek weet nie wat ek gaan doen nie."
Rikus Bester se liggaam is op die rotse naby die visserboot se wrak gevind.
Bester was 'n ervare skipper en visserman.
Hemphill is net so ervare visserman en het gereeld vis gevang.
Die NSRI het in 'n verklaring bevestig die soektog na Hempill duur voort en die hulp van polisieduikers en 'n hommeltuig is intussen van stapel gestuur.
Die oorsaak van die tragiese voorval is nog nie bekend nie.
Vorige artikels:
Oorlede visserman se familie hartgebroke
Mossel Bay man dead, another man missing in Gouritsmond boat tragedy
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’