Die spesiale skoonmaakprojek is die eerste en enigste van sy soort in die George-munisipaliteit jurisdiksie.
Die groep van 11 vroue se werksbeskrywing behels skoonmaak van sypaadjies, die skoonmaak van plekke waar speelparke eersdaags opgerig sal word asook die verspreiding van munisipale pamflette.
Die vroue wat netjies in oranje oorpakke geklee is, is reeds vanaf September besig om in die gebied skoon te maak.
"Hulle sal toesien dat Borcherds absoluut uitstaan en geken word aan sy netheid," het Draghoender gesê.

By die amptelike bekendstelling van die spesiale skoonmaakprojek in Borcherds is Mercia Draghoender, wyksraadslid van wyk 20 (Borcherds) (middel), Trevor Botha, munisipale bestuurder (heel regs) asook EPWP-amptenare en die vroue van die projek. Van links is: Jason Jansen (EPWP), Gavin Esau, koördineerder van EPWP by George-munisipaliteit, Jessica Louw, Mercia Draghoender, Charmaine Adams, Iris Geduld, Mabel Brits, Veronica Goldman, Trudine Veldman, Lenie Jumat, Gladys Kokwe, Sandiswa Goloza en Botha. Voor is Dora Blaauw.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'