Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Verteenwoordigers van die sakegemeenskap en die George-stadsraad/munisipaliteit het Woensdagaand, 27 Julie, geleentheid gehad om idees uit te ruil en notas te vergelyk. Dit was tydens 'n netwerkgeleentheid van die George-sakekamer by die George-kunsteteater.
Die George-stadsraad/munisipaliteit het as gasheer vir die geleentheid opgetree en dit is deur verskeie senior leiersfigure bygewoon.
Onder die aanwesiges was Leon van Wyk, George se burgemeester, stadsraadslede, dr. Michelle Gratz, die munisipale bestuurder en senior amptenare.
"Stalletjies" van die verskillende munisipale departemente is aangebring waar lede van die sakegemeenskap eerstehands kon gesels met senior munisipale amptenare.
Dr. Willie Cilliers (voorsitter van die George-sakekamer) en Leon van Wyk (George-burgemeester).
Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die George-sakekamer, het in sy verwelkoming gesê as mense mekaar se hande kan vat is daar 'n pad vorentoe. "As ons kan saamwerk gaan ons vorentoe."
Van Wyk het 'n kort oorsig gegee van munisipale sake en begrotingsaspekte. Hy het ook verwys na uitdagings waarmee die munisipaliteit op 'n gereelde basis te doen kry soos onwettige vullisstorting, onwettige elektrisiteitsverbindings en kabeldiefstal.
Voorts oor hoe die munisipaliteit die uitdagings van elektrisiteitsvoorsiening aanspreek en verder wil aanspreek.
Hy het ook verwys na die talle mense wat uit ander dele van die land 'n heenkome in die gebied kom vind.
VIDEO: Burgemeester en voorsitter van George-sakekamer gesels met ons
Leon van Wyk (George-burgemeester), Koos du Plessis (sakeman) en dr. Michelle Gratz (munisipale bestuurder) Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'