RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse Wes-Kaapse Skole Netbal Interdistrikstoernooi het vanjaar van 17 tot 19 Julie by Hoërskool Langenhoven plaasgevind en het die beste jong netbaltalent van oor die hele provinsie bymekaargebring. Eden se o. 17-span het die toernooi gewen.
Met meer as 150 wedstryde wat oor drie dae op sewe netbalbane gelyktydig plaasgevind het, was hierdie een van die grootste en mees opwindende netbalgeleenthede op die skolekalender.
Sewe distrikte het deelgeneem - Eden, Overberg, Wes-Kus, Sentraal-Karoo, Winelands, Doves en Disas - en daar is in 13 ouderdomsgroepe van o. 11 tot o. 18 meegeding.
Die toernooi het Donderdag met energieke wedstryde afgeskop en die momentum het Vrydag voortgesit met talle spannende rondes.
Die atmosfeer het Saterdag hoogtepunte bereik met die eindstryde, waarna 'n formele medalje-oorhandigingseremonie om 13:45 plaasgevind het om die wenners en naaswenners in elke ouderdomskategorie te vereer.
Wenners per ouderdomsgroep:
o. 11 - Disas
o. 12 - Dolphins
o. 13 - Dolphins
o. 14 - Doves
o. 15 - Winelands
o. 16 - Doves
o. 17 - Eden
o. 18 - Winelands
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’