'n Ongelukstoneel is gistermiddag en -aand (5 Desember) op die hoek van Victoria- en Merrimanstrate verfilm en vanmiddag (6 Desember) is die filmspan by George-hospitaal.
Kritzinger glo die rolprent sal 'n groot sukses wees en sê dis 'n baie aangrypende verhaal.
Die rolprent handel oor die lewe van 'n pastoor van Sedgefield wat as kind vir 'n tyd in 'n township grootgeword het en Kritzinger speel die rol van 'n koshuismoeder. Born to win, 'n film deur vervaardiger Kobus van der Bergh en regisseur Frans Cronje, die ontslape krieketkaptein Hansie, se broer, word in September 2014 vrygestel.
Kritzinger sê rolprentmaak is 'n belewenis, maar dat sy nie haar politieke loopbaan in George sal verruil vir die liggies van Hollywood nie.
"Mense het 'n totale wanpersepsie van wat dit verg om 'n rolprent te maak. Meeste dae skiet hulle van 10:00 tot 01:00 in die nag. Dis woes! Gelukkig het ek darem vroeër dramaklasse geloop. Ek het as raadslid die vervaardigers 'n paar keer ontmoet om te help met sekere plaaslike reëlings en toe vra hulle of ek nie sommer koshuismoeder wil wees nie. Ons hoop om vorentoe al hoe meer rolprentmakers na George te lok. Dit is uitstekende reklame vir ons pragtige stad en streek en kan ekonomies baie vir ons beteken."

Die 'ongelukstoneel' op die hoek van Victoria- en Merrimanstrate. Foto: Rose Hennings
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'