GEORGE NUUS - Verna-Lee Libbok (28) is vanoggend met gebede en warm woorde by Pacaltsdorp Primêr gegroet, waar sy die afgelope ses jaar ’n geliefde en toegewyde onderwyseres was.
Die afskeid was gepas en emosioneel - want die rede vir haar vertrek is ’n nuwe hoofstuk wat wag aan die ander kant van die wêreld. Iemand sê Kon'nichiwa!
Sy en haar man, die Springbok-losskakel Manie Libbok, pak binnekort hulle tasse vir Japan. Manie sluit by die Kintetsu Liners aan, en Verna-Lee sê sy het aanvanklik tyd nodig gehad om aan die skuif gewoond te raak. “Ek moes eers gewoond raak aan die idee van Japan, maar nou is ek regtig opgewonde oor die nuwe avontuur wat voorlê,” het sy aan George Herald vertel.
“Ek gaan die skool en my familie ongelooflik baie mis. Dis moeilik om hulle agter te los.”
Lees meer oor Verna-Lee se afskeid en die Libboks se nuwe reis in volgende week se George Herald .
Met seëninge in oorvloed, groet leerders en onderwysers van Pacaltsdorp Primêr hul geliefde Juffrou Libbok.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’