GEORGE NUUS - Laerskoolatlete van die omgewing is besig om te rek en te strek vir die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap eerskomende Saterdag 8 Maart by Dal Josafat-stadion in Paarl. Hierdie groep leerders het uitmuntend presteer by die Eden-atletiekbyeenkoms wat op Saterdag 22 Februarie by die De Jager-sportkompleks in Oudtshoorn deelgeneem het.
Altesaam 184 atlete (90 seuns en 94 dog-ters) van 75 laerskole is in die Eden-span opgeneem.
George Herald het 'n paar skole gekontak om uit te vind of hulle atlete het wat aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe deelneem.
Laerskool Outeniqua is besonder trots op hul 17 atlete in die Eden-span. "Ongelukkig gaan slegs 15 van die atlete aan die byeenkoms in Paarl deelneem," sê Lizca van Deventer, Outies se atletiekhoof.
"Die Outies staan bankvas agter ons atlete en is baie trots op elkeen se harde werk om tot hier te kom."
Laerskool George-Suid is opgewonde oor hul 13 Loerie-atlete wat dié span gehaal het, en hul staal gaan wys met die komende naweek se atletiek (sien die lys van hierdie twee skole se atlete heel onder).
Mieke de Waal van LGS in aksie tydens die o. 12-hoogspring by die Eden-atletiekbyeenkoms in Oudtshoorn.
Ses leerders van Pacaltsdorp Primêr (PPS) vorm deel van die Eden-span en Rosemoor Primêr het ook 'n trotse atleet, Faith Buys (11), wat in die Eden-span opgeneem is.
Faith Buys (11) van Rosemoor Primêr gaan Saterdag aan die 100 m deelneem.
Die ses van PPS is as volg: Ethan du Plessis (11), Eston Jordaan (11), Cyle Fortuin (11), Cheveronica Kamfer (11), Quintero Afrika (10) en Anriche Cronjé (11).
Jong atlete van Pacaltsdorp Primêr wat komende naweek in Paarl gaan deelneem: Agter, van links is Ethan du Plessis (11; 70 m hekkies en verspring), Eston Jordaan (11; verspring), Cyle Fortuin (11; 80 m). Voor: Cheveronica Kamfer (11; 70 m hekkies), Quintero Afrika (10; 1 200 m), Anriche Cronjé (11; 100 m en verspring).
Outies met Eden-kleure
o. 10-meisies: Bea van der Schyff, Milla Dippenaar
o. 10-seuns: Laytham Vergotine
o. 11-seuns: Judah Spies, Aaron Joshua, Pieter van Wyk
o. 12-meisies: Arielle Haasbroek, Miné Stander
o. 12-seuns: Wanru Haasbroek, Wihan Hefer
o. 13-meisies: Megan Botha, Jaime Swanepoel, Daniella du Randt
o. 13-seuns: Josh Quiens, Pierre Spies
Loeries met Eden-kleure
o. 10-meisies: Lienke Koen, Anja Krugell, Mila van der Merwe
o. 11-meisies: Nianke Fourie, Imke Theart, Esrie Kotzee, Annebel van der Merwe
o. 12-meisies: Mieke de Waal
o. 13-meisies: Lia Krugell, Amber Potgieter, Alexa Stahmer
o. 13-seuns: Janko Joubert, NW Koen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’