Die impak was so hewig dat twee passasiers uit die wit Mazda-sedan geslinger is.
Die bestuurder, mnr. JLB Adams (49) van Rosemoor, se liggaam is met meganiese kake uit die wrak bevry. Hy is vermoedelik op slag dood.
Die ander oorledenes is mnre. Wentzel Arnoldus, ook van Rosemoor en Emile Kiddo van Borcherds. Arnoldus en Kiddo se ouderdomme en meer besonderhede oor die ongeluk was gister nog nie beskikbaar nie.
Die oorledenes was na verneem word onderweg na Pacaltsdorp toe die ongeluk omstreeks 16:15 by die konstruksiewerk by die nuwe voetoorgangbrug oorkant Rosedale plaasgevind het. Die polisie vermoed Adams het beheer oor die motor verloor waarna dit die tydelike betonmuur getref en in 'n grasveld langs die pad tot stilstand gekom het.
* Three men died in a motor car accident on the N2 Highway near Pacaltsdorp on Saturday afternoon after their car collided with temporary concrete barricades at the construction site of the new pedestrian brigde.
Met die George Herald se aankoms op die toneel het paramedici onverpoos probeer om een van die passasiers by te bring wat buite die motor in 'n sementvoor gelê het. Die man is later met sy aankoms by die hospitaal dood. Foto: Lizette da Silva
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'