GEORGE NUUS - Een persoon is vroeër vanmiddag gehospitaliseer ná 'n motorongeluk op die Outeniquapas.
'n Nissan NP200-bakkie het uit die rigting van Oudtshoorn na George gery toe die bestuurder beheer op die nat pad verloor en 'n aankomende voertuig skrams getref het.
Die Nissan het teen die berg vasgery. Die bestuurder is met ligte beserings deur ER24-paramedici na die George-hospitaal geneem.
Niemand in die ander voertuig is beseer nie.
Motoriste word gevra om asseblief die pas met respek te hanteer verál wanneer dit reën.
Motoriste word gevra om asseblief die pas met respek te hanteer verál wanneer dit reën.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'