GEORGE NUUS - Pacaltsdorp is komende naweek, 27 en 28 September, vir die eerste keer die gasheer vir Kansa se Relay for Life.
Registrasie vir spanne en individue vind reeds van 17:00 op Vrydag 26 September op die Pacaltsdorp-sportveld plaas.
Die Relay word by die Pacaltsdorp-sportterrein plaas. Dit begin Saterdagaand om 18:00 en sluit Sondagoggend om 06:00 af.
Deelnemers stap deurnag in aflosspanne om die veld om kankeroorwinnaars te vier, om dié te onthou wat die stryd teen die siekte verloor het, en om bewustheid oor kanker te skep.
Divan Appels van die Pacaltsdorp Kansa-ondersteuningsgroep nooi alle belangstellendes in die George-omgewing en van omliggende dorpe uit om in te skryf.
“Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig. Hierdie is ’n perfekte geleentheid vir besighede, kerke, jeuggroepe, skole en organisasies om ’n groepsaktiweit vir ’n goeie doel te geniet.”
Groepinskrywings van 10 persone per span kos R500. Individuele inskrywings is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 12.
Luminariasakkies wat versier kan word ter nagedagtenis aan kankeroorwinnaars is ook teen R10 per sakkie beskikbaar. Dit kan reeds Vrydag met registrasie aangeskaf word.
Kos- en handwerkstalletjies sal deurnag oop wees.
’n Plaaslike blaasorkes, trompoppies, sangers en dansers sal vir vermaak sorg. Selfverdediging- en Zumba-sessies sal ook aangebied word.
Navrae: Kansa-kantoor by 044 874 4824.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’