GEORGE NUUS - Odin, (Oudtshoorn Dogs in Need), 'n liefdadigheidsorganisasie wat daarop gemik is om diere in nood in die Oudtshoorn-omgewing, sowel as George te help, het Vrydag 14 Maart 'n groot skenking ontvang in die vorm van 'n Suzuki Eeco wat deur 'n weldoener aan die organisasie geskenk is.
Volgens Colleen Smith, stigter van Odin, is hulle oorstelp van vreugde.
"Dit is los hande die grootste geskenk aan ons diere in nood. Ons waardeer die vertroue wat hierdie anonieme skenker in Odin het. Dit stel ons in staat om nog 'n uitreikspan op die pad te sit."
Die skenker van die voertuig verkies om anoniem te bly en het slegs genoem dat die onbaatsugtige werk wat die groep vrywilligers daagliks doen, raakgesien word.
Die span van Odin saam met Sherlock Joubert (links) en Radie Loubser (regs) met die oorhandiging van die voertuig. Foto: Louise Mouton
Trane van blydskap het geloop. Foto: Louise Mouton‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’