GEORGE NUUS - Mense in George en die Tuinroete het vandag weer in groot getalle by Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) Blanco opgedaag om te help nadat dit bekend geword het dat die perseel gaan sluit. Die organisasie is in 'n wedloop teen tyd gewikkel om te verseker dat die honde en katte aangeneem word of in pleegsorg geplaas te word.
As die diere nie betyds gehelp word is daar 'n sterk moontlikheid dat hulle van kant gemaak sal moet word. Onder die mense wat vandag gehelp het was die bekende sangeres Anneli van Rooyen.
Sy het gesê ODIN het mense nou verskriklik nodig.Elke diereskuiling in die land is onder groot druk. Sy het mense gevra om te help. Enigiemand wat kan help moet asseblief na vore kom. Al is dit net om tydelike pleegsorg te verskaf om die situasie te oorbrug tot 'n ander perseel gevind is. Colleen Smith, stigter van ODIN het gesê hulle is baie dankbaar vir die hulp.
Mense wat kan help word steeds gevra om na vore te kom. Sy het benadruk ODIN se deure bly oop.Hulle is steeds betrokke by uitreikaksies.
Van die honde by ODIN in Blanco.Mense wat belangstel om te help kan Saterdag en Sondag 'n draai daar gaan maak.
'n Werker van ODIN help Vrydagmiddag om goed te karwei terwyl van die instansie se honde saam met hom loop. Foto's: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’