Volgens 'n verklaring deur sy woordvoerder, Siphesihle Dube, is die nuwe wet daarop gemik om die veiligheid van fietsryers te verseker en om die Wes-Kaap te verander in 'n veilige omgewing vir nie-gemotoriseerde vervoer.
Volgens Carlisle is fietsryers die meeste kwesbaar wanneer hulle deur voertuie verbygesteek word. Die nuwe regulasies fokus dan ook op die manier waarop fietsryers verbygesteek moet word.
Volgens die regulasie moet motoriste:
- uiterse versigtigheid gebruik wanneer fietse verbygesteek word;
- 'n afstand van ten minste een meter tussen fiets en voertuig gelaat word en
- moet die afstand behou word totdat die voertuig op 'n veilige afstand weer voor die fiets kan inval.
Die regulasies stel egter ook sekere vereistes aan fietsryers om hul eie veiligheid te verseker en daar word bepaal dat fietsryers:
- fietsbane moet gebruik waar beskikbaar;
- so ná as moontlik aan die linkerkant van die ry-oppervlak moet bly;
- van erkende handseine gebruik moet maak;
- alle verkeersreëls gehoorsaam;
- voorsiening maak vir voor- en agterligte tydens swak weersomstandighede of swak lig;
- nie aan die regterkant van voertuie ry behalwe as stadige voertuie verbygesteek word of daar na regs gedraai word;
- agter mekaar en nie langs mekaar sal ry;
- nie oorfone of enige ander klanktoerusting, behalwe mediese gehoorstukke, sal gebruik op fietse nie; en
- nie passasiers op fietse sal laai tensy die fiets aangepas is vir passasiers nie.
Behalwe vir die veiligheid van fietsryers, het hierdie nuwe wetgewing ook ten doel om die verhouding tussen fietsryers en motoriste te verbeter en te versterk. Die oortreding van enige van die regulasies kan beboet word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'