TUINROETE DISTRIKSNUUS - Venolea Fortuin is pas verkies as die DA-Oosstreek se nuwe voorsitter. Dié posisie is voorheen deur minister Tertuis Simmers beklee voor hy as onderleier van Wes-Kaap verkies is.
Fortuin, van Mosselbaai, is al 22 jaar lank by die DA betrokke en die slegs die tweede vrou in dié posisie.
Kort na sy verkies is, het sy haar dank aan die afgevaardigdes wat haar onbestrede verkies het, uitgespreek.
Gedurende haar inhuldigingstoespraak het sy dit duideik gestel dat die DA vir almal is en onder haar leierskap sal sy verseker dat daar fokus geplaas word om terug na voetsoolvlak te gaan en daar tussen die mense te werk.
“Dis nodig dat gemeenskappe weet wie hulle raadslede is, en die DA se suksesse oor die hele streek aan alle mense gelewer word. Die pad na 2024 het nou reeds begin,” het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'