TUINROETE NUUS - Vir lesers wat plaaslike hofsake volg, is daar verskeie prominente sake eersdaags op die hofrol en dit blyk of daar 'n besige tyd voorlê vir beamptes in die hof.
George Herald probeer gereeld die sake opvolg om ons lesers op hoogte te hou.
Brandweerman se moordverdagte kom weer voor
Die man, Shawn Arries (27), wat verdink word van die moord op die plaaslike brandweerman, Warwick Fischer (33) sal weer op Woensdag 28 Februarie in die hof verskyn.
Fischer is aangeval toe hy Sondagoggend, 15 Oktober 2023 omstreeks 05:20, glo besig was om sy hek na die ingang van sy huis in Brucestraat, Borcherds, te sluit.
Hy het steekwonde aan sy nek en rug opgedoen in wat blyk om 'n rooftog te wees. Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Fischer daarna in sy eie voertuig geklim en self na die hospitaal probeer ry.
Op pad hospitaal toe het hy egter sy bewussyn verloor en in 'n huis in Kroghstraat vasgery. Fischer is kort daarna per ambulans na die hospitaal geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Arries, is dieselfde dag in hegtenis geneem op 'n aanklag van moord en is steeds in aanhouding.
Delvillepark-moord: saak gaan in Junie voort
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin, Andresia Alaart (30) in Maart 2022 vermoor het, het op Woensdag
24 Januarie in die George-streekhof verskyn waar sy verhoor vir 3 tot 5 Junie geskeduleer is.
Warren Appels (48) is Saterdag 26 Maart 2022 op die toneel in Llamastraat, Delvillepark, in hegtenis geneem ná die polisie omstreeks 07:00 ontbied is.
Die oorledene se liggaam is met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea in Appels se ouerhuis gevind. Die nadoodse ondersoek het bevestig dat haar dood veroorsaak is deur houe met 'n stomp voorwerp teen haar kop.
Benewens die bloed in die leefarea, is daar ook bloed in die gang en in 'n slaapkamer gevind. Appels is borgtog geweier.
Sedge fatal crash: case in court next week
The driver of the black Audi Q5 that was involved in the car accident that claimed the life of Danielle van Jaarsveld (44) on Sunday 6 November 2022, will make his next court appearance next week, Thursday 15 February.
Gareth Webster (39) is facing charges of culpable homicide and reckless and negligent driving after the Audi he was driving crashed into Van Jaarsveld's Kia Rio on Swartvlei Beach Road between the Sedge Links golf club and Swartvlei Beach.
Van Jaarsveld died in the head-on collision, while her sister-in-law, Monique van Zyl (29), a passenger in the car, sustained serious injuries. The women were on their way to the beach when the Audi came from the opposite direction and the two cars collided.
During a previous court appearance earlier this month, his legal representative indicated that her client is willing to enter into a plea bargain with the state.
Albertinia-kindermoord: uitspraak dié maand
Timothy Ova, die man wat daarvan aangekla word dat hy Jacorene Vaaltyn (9) en Sharron Arries (10) in September 2022 in sy huis in Janfiskaalstraat in Albertinia vermoor het, sal weer op Maandag 26 Februarie in die rondgaande hooggeregshof in George, verskyn.
Slotbetoë in die moordsaak is verlede jaar afgehandel, en daar word verwag dat die regter, Matthew Francis, met die volgende sitting uitspraak sal lewer.
Ova het verlede jaar onskuldig gepleit op al vyf aanklagte teen hom, insluitend die moord op die kinders.
Volgens die forensiese patoloog se getuienis, wat vroeër aangehoor is, het albei meisies versmoor.
Tydens die nadoodse ondersoek is fyn sand in hul lugweë, neuse en mond gevind, wat daarop dui dat die kinders die sand ingeasem het.
Die kinders se lyke is Donderdag 22 September 2022 in Ova se huis gevind nadat hulle die vorige dag as vermis aangemeld is.
Jacorene se lyk is in die gat onder Ova se bed gevind en Sharon s'n in 'n blou plastiekdrom. Albei was in lakens toegebind.
Farmer in court for 2020 leopard death
A farmer from Uniondale, who is facing six charges relating to animal cruelty and illegal hunting after he allegedly illegally captured a leopard in a cage trap without the requisite permits and allegedly left it there to die, will be back in court on 20 July.
The trial started in the George Regional Court on Monday 29 January.
The incident occurred in August 2020 and the accused made his first court appearance in Uniondale two years later.
André Barnard is charged with intentionally causing suffering to a protected wild animal, failing to inspect the trap or device at least once per day, unnecessarily starving a protected wild animal, torturing a protected wild animal, hunting by means of a trap and hunting of protected wild animals.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’